Uitvinder, Entrepreneur, Sake-eienaar, Bedryfsingenieur, Data-ontleder, Digitale Ontwikkelaar
Christiaan het ’n graad in Bedryfsingenieurswese van die Universiteit van Pretoria. Hy het 25 jaar se werkservaring en spesialiseer in die optimisering van stelsels en prosesse. Dit sluit internasionale ervaring in binne die velde van vervaardiging, finansies, beleggings, telekommunikasie en veranderingsbestuur. Christiaan is die patenteienaar en stigter van Carnator (Edms) Bpk. Christiaan se passie is om eenvoudige en implementeerbare metodes te gebruik om komplekse, oënskynlik onoplosbare probleme op te los. Hy glo dat die menslike gees voortdurend sal floreer, selfs onder die mees uitdagende omstandighede. Christiaan heg waarde aan integriteit, opregtheid en toewyding. Christiaan oefen tans vir sy derde Comrades, is ’n entoesiastiese tennisspeler, musikant, pa van twee en is lief vir alles wat met wiskunde en statistiek te doen het.